
| en net na pouse het professor Sakkie Cornelius artefakte uit die Ou Nabye Ooste toegelig. Sommige van hierdie artefakte word in die Universiteitsmuseum uitgestal. |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Na afloop van die tweede lesing het die sprekers die leerders na die uitstalling van die Lewende Antieke vergesel en gekyk na die Griekse; Romeinse; Egiptiese; asook Nabye Oosterse oudhede op leenbruik van Iziko Museums in Kaapstad. | ![]() |
![]() |
![]() |
Tydens hul speurtog deur die doolhof van antieke voorwerpe, het leerders 'n meertalige blokkiesraaisel, geskep deur dr. Maridien Schneider en gegrond op die uitstalling, voltooi. 'n Hoogtepunt was weereens die uitstalling van die leerders se Klassieke Kultuur klasprojekte wat gedurende die pouse gesien kon word. |
| Modelle, plakkate en opstelle vanuit graad 8 tot 10 is uitgestal, waarvolgens pryse dienooreenkomstig toegeken is. Sodanige projekte maak reeds meer as twintig jaar lank deel uit van die Latynleerplan, en is onlangs ook vir ander vakke binne die "uitkoms-gebaseerde onderrig" ingebring. Die gehalte van sommige opstelle was baie na aan universiteitstandaard. Volgens 'n paar aspirant outeurs het die aanvanklike gedagte aan 'n vervelige ou opstel vinnig vervaag en 'n interessante ervaring geword. Modelle het gewissel van 'n weergawe van die Colosseum, tot 'n a replika van 'n Romeinse bad. |
![]() |
Plakkate het Griekse mites, Romeinse tydverdryf en ander antieke vermaak uitgebeeld, byvoorbeeld die Olimpiese Spele en selfs die gebruik van Latyn by die keuse en aanstelling van 'n nuwe pous. 'n Vierde, oop kategorie, het ondermeer ingesluit 'n groepprojek van die graad 8 en 9 seuns van die Hoër Jongenskool Paarl oor die gebruik van Latyn in koerante. Die graad 9 wenprojek was die Fabula Amoris, in prysenswaardige Latyn geskep deur Marcelle Steinmetz van La Rochelle. In die oop kategorie vir graad 8 het Rustenburg Girls' High weer eens gesorg vir 'n verskeidenheid bordspeletjies gegrond op Griekse mites. Hierdie opwindende Dies Romanus in 2005 was ander maal sprekend van die entoesiasme en ywer wat Latynse leerders (ook tydens die meer ontspanne pouse en etensuur!) vir hul vak toon. |